Getting lost is fun!

Soos die spreekwoord loop – Soort soek (vind) soort.

Van ver oor die see uit Switzerland, roep die Namib haar liefmense. Matthias, Dagmar en Linnéa is besoekers wat lankal terug op Damaraland verlief geraak het, en hul nie deur Corona laat keer het om Desember 2020 weer te kom kuier nie.

Op hul roetes het een van hulle se skerp ogies ons kamp hoog in die berge raakgesien en net daar vat hul die eerste (en ongelukkig die slegste) afdraai paadjie en vind ons.

Na ‘n heerlike kuier is hul toe verder op hul pad – met ‘n paar kristalletjies as aandenkings.

Matthias, Dagmar en Linnéa, ons hoop om julle sommer gou weer te sien en met jul volgende besoek sal ons saam ‘n paar verlore paadjies gaan opsoek.

Vrede en Meraai

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *