Uis Bierfees Oktober 2020

Soms verdwaal ander mense Uis toe, en hierdie laaste naweek het die mede verdwalers in strepe, troppe en skares die grondpad tot by Uis gevolg.

Wat ‘n feestelike naweek!

Een ding was so duidelik soos die Brandberg op die agtergrond – hierdie Suidwesters was so uitgehonger soos die Ugab-leeus vir ‘n lekker kuier.

My en Vrede se naweek het rustig by die huis afgeskop saam met ‘n klompie bevonklike kuiergaste. Tuisgemaakte kos en tuisgemaakte musiek net so om ons in die regte stemming te kry.

Natuurlik soos dit gaan was dit hoe later hoe kwater en die rustige Vrydagaand het morsig geeindig.

Vrede het vroeg weggeloop en my met die gaste gelos. Die laaste vasbyters was so net voor half vier hier weg, en my laaste takie vir die aand was om vir Varne en Sheela ‘n ekstra kombersie oor te gooi op Sheela se bed onder die tafel.

Vroeg Saterdag oggend was ons Swakop gaste redelik verstom om ‘n vrou uit die “hondehok” te sien klim. (Jammer ek het daai foto gemis)

Van daar af was dit afdraende al die pad tot laat Sondagaand! Die spoed het vermeerder en die brieke was min.

Dit was heerlik om ‘n klomp vriende en bekendes uit Windhoek en ander dorpe hier te sien. En die Swakopmunders wat by ons tuis gegaan het was ‘n vreugde.

Die meegaande saamgestelde video vertel sommer self die storie verder.

2 thoughts on “Uis Bierfees Oktober 2020

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *