Die god wat alles lewe gee loop elke dag vanuit die Ooste na die Weste oor sy land, en kyk na sy mense en diere. Heeldag gee hy van sy krag en bloed en vanaand as hy die einde van sy reis en krag bereik het, stort hy sy laaste bloed vir sy wesens vir die wat dit nodig het. Dan sterf hy.
More oggend maak hy die bloed wat oorgebly het bymekaar en herskep homself en doen weer sy reis.
Dit is hoekom die sonsondergang baie rooier is as die sonsopkoms, want daar is minder bloed oor in die oggend om bymekaar te maak na die aardse wesens dit deur die nag gebruik het.
Daar val ‘n paar druppels in Uis 2 weke terug – en opslag beplan die Trio ‘n uitgerekte kuier by ons kamp in die berge. Dalk, net miskientjies, is ons gelukkig genoeg...
Soos die spreekwoord loop – Soort soek (vind) soort. Van ver oor die see uit Switzerland, roep die Namib haar liefmense. Matthias, Dagmar en Linnéa is besoekers wat lankal terug op Damaraland...
Sterretjie: Dis laat Oktober in die Gobobos en die winter wil nie laat los nie. Die veld is vaal en baie kaal na die lang droogte. Met my kop omlaag, soekend na...
Was dit Opperman wat geskryf het oor Oktober die mooiste maand? In Damaraland moet jy baie fyn kyk om die bloeisels te sien. Die plante is klaar klein, vaal en redelik onbeduidend...
Soms verdwaal ander mense Uis toe, en hierdie laaste naweek het die mede verdwalers in strepe, troppe en skares die grondpad tot by Uis gevolg. Wat ‘n feestelike naweek! Een ding was...
Kyk as daar een ding in ‘n boskamp is wat baie belangrik is – is dit mos die kleinhuisie. So ent agter ons kamp is daar ‘n mooi toegenette “longdrop” of dan...
By Aasvoël Motors in Doringdraadstraat, vind Vrede vir Sheela. Op daardie stadium was sy nog ‘n leerling mechanic met droopy ore en oliekolle op haar rug. Niks ouer as 2 maande nie....
As a wild, barefoot child – growing up in the majestic mountains around Brandbergwest Mine close to the Ugab river, lions were not strange or exotic to us. They were just part...
Die Meester van Verdwaal, ek en die hond maak ‘n pitstop by die voormens prentjies.Gisteraand se oorskiet ribbetjie laat ‘n subtiele hardekool rook teen die palet en verf ons vingers en lippe...